Liefste Dawid,

Jy is vandag 18 maande oud – Jy en jou sussie Katinka.

Ek stel al die hele dag uit om die te skryf, want ek weet ek gaan die trane nie kan keer nie; maar nou is ons huisie stil en sussie is al lankal in droomland . Jou kersie staan en brand soos altyd op die 28ste op die ou geelhout kis in die sitkamer. Pappa het hom soos altyd aangesteek en sal hom weer doodblaas  uitblaas net voor ons in die bed klim. (snaaks hoe ek vandat jy nie meer hier is nie, die woord “dood” sover as wat ek kan vermy. Ek het altyd in antwoord op goed die woorde “dit is doodreg” gebruik of getik, maar nie meer nie. Nou is dit eerder “Dis als reg of 100 persent” ….as dit maar waar kon wees in my hart ook )

Soos ek al weet na (net) 18 maande, is die aantal mense wat saam met ons onthou, die maand weer minder…net ‘n paar van Mamma se nuwe vriendinne wie se babas ook saam met jou in die Hemel is. Mamma wens ek het nie een van hulle ooit ontmoet nie (en ek weet hulle wens ook so) maar terselftertyd is ek so dankbaar dat hulle daar is. Dit laat my darem so klein bietjie minder alleen voel. Ek besef ook dat dit nie gaan oor hoeveel mense jou saam met ons onthou nie, ek weet ek weet ek weet…Mamma kan maar net nie help om te wil hê dat ALMAL jou moet onthou nie.

Jou sussie het eers ‘n paar weke terug haar eerste treetjies gegee – in die Spur van alle plekke ;-), so sy loop nog nie regtig nie.  Mamma wonder of jy al stap…of nee eintlik glo ek jy doen…dat jy al lankal die tuine en paadjies daarbo plat stap ….ek wil glo dat dit meestal aan die hand van jou niggie Mikayla is.  Jou sussie se woordjies is ook maar nog min…Pappa het ook eers laat begin loop en praat.  Sê jy al baie woordjies? Wat was jou eerste woord? Wie vang jou as jy dalk nog oor jou eie voetjies struikel?

Mamma mis jou seuntjie,

Mamma mis jou ontsettend baie!!

never-stop

en sal jou vir altyd mis.

Duisend soene en drukkies

Jou Mamma

2 thoughts on “

  1. Moet asseblief nie ophou hier skryf nie. Ek het vanaand bietjie “opgecatch” met jou blog en sit nou sommer weer saam met jou en huil en VERLANG. xxx

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s